Summary
-
Parenting Hub - CategoryEducation & Schools
- Location Gauteng
- Website : http://www.jancelliers.co.za/
- Email : [email protected]
- Address : Parkview, Gauteng
- Contact Phone 1 : 011 646 3336
- Contact Phone 2 :
- Facebook : https://www.facebook.com/JanCelliersLaerskool
- Twitter : https://twitter.com/jancelliers?lang=en
- Instagram : https://www.instagram.com/jancelliers_skool/
- Google+ :
Details
Amenities
Description
Jan Celliers Laerskool & Pre-Primêr is ‘n Afrikaanse onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg.
Die skool waar elke kind spesiaal is.
Om elke kind van Jan Celliers binne ‘n gebalanseerde, Afrikaanse opvoedingsklimaat te help vorm tot ‘n afgeronde, hoflike en verantwoordelike jongmens wat die toekoms met selfvertroue sal aandurf in die strewe tot die verwesenliking van sy volle potensiaal.
Laerskool: graad 1 tot graad 7
Pre-Primêr: graad 000 tot graad 0
Speelskool: 18 maande tot 3 jaar
- Uitstekend toegeruste rekenaarsentrum
- Klein klasse verseker individuele aandag
- ‘n Wye verskeidenheid vakke en aktiwiteite
- Uitstekende sportafrigting: swem, atletiek, tennis, rugby, hokkie, netbal, krieket, landloop en skaak
- Uitmuntende standaarde op alle terreine: akademie, kultuur en sport
- Engels en Afrikaans as eerste taal vanaf graad 1, isiZulu vanaf graad 3 en Frans as opsionele taal vanaf graad 4
- IEB- en ISASA-affiliasie vir onafhanklike skole
- ‘n 3-termyn onafhanklike skool.
Ondersteuningsdienste op die perseel: mediese dokter, fisioterapeut, arbeidsterapeut, leessentrum, biokinetikus, opvoedkundige sielkundige, spelterapeut en spraakterapeut
- Nasorgfasiliteite by al drie skole, daagliks tot 17:30
- Vakansieprogram by al drie skole tydens die vakansies
- Oggendbusdiens vanaf Oos- en Wes-Rand en rigting Bryanston
- Weeklikse verryking vir leerlinge met ‘n aktiwiteitsperiode (verskeie opsies beskikbaar: Jr- en Sr Spraak & Drama, Jr- en Sr Legoklub, Jr- en Sr Speech & Drama, Jr- en Sr Kreatiewe handvaardighede, Jr- en Sr Etiketakademie, Eksperimaatjies (Juniors), Tegnoklub (gr 6 & 7), iPad Genius (Seniors), Frans (Seniors))
- ‘n Wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite, nl. individuele musiekonderrig in klavier, klawerbord, blokfluit, klarinet, dwarsfluit, fife, viool, tjello, kitaar en tromme. Die Junior- en Seniorkore ding nasionaal en internasionaal mee en die dramaleerlinge blink by verskeie kunswedstryde uit. Daar is ook redenaars, Spelathons en vele meer.
Hierdie skool het meer as net ‘n trotse 85-jaar geskiedenis; ons staan vir ‘n ideaal: Ons streef na uitmuntendheid.


Parenting Hub















